Ons 15-jarige dogter, Elana, is vir amper ‘n jaar deel van Courtoisie School of Etiquette. Buiten dat sy elke week met groot opwondenheid uitsien na haar les, het haar selfvertroue in die kort tyd baie gegroei. Die geleenthede wat gebied word vir die verskillende onderwerpe wat aangebied en behandel word, is van onskatbare waarde vir elke jong meisie. Die onderwerpe is relevant tot die tyd waarin ons leef en vind aanklank met die jongmense se eie ervarings. Openlike gesprekke maak dat die jongmense ook hul ervarings en gevoelens kan deel oor spesifieke onderwerpe. Sodoende help hulle in die proses ‘n ander seun/meisie deur hulle persoonlike identifikasie met kwessies waarmee die jongmense deesdae sukkel.Ek kan die etiket skool baie sterk aanbeveel, veral vir jong meisies. Ons kon die verskil in Elana raaksien.