Ons leer nuwe goed en kry balkies. Daar was ‘n nuwe maatjie by die skool, toe onthou ek die “Eerste indrukke” klas en doen dit. Nou begin die maatjie saam met my klas toe stap en van my hou. Ek het geleer wat my styl is en waarvan ek hou.
Dan kan ek dit vir ander mense ook verduidelik dat hulle my beter verstaan. Ons het in prakties ‘n teepartytjie gehou! Ons het geleer hoe om ‘n teekoppie reg vas te hou, hoe om te roer van 12 na 6, om nooit die teelepel in die koppie te los nie en dat mens nie tee in ‘n beker moet drink by ‘n restaurant nie.
