Courtoisie School of Etiquette is nie net ‘n plek waar jong meisies kan leer hoe om ‘n tafel op die regte manier te dek of watter klere gepas sal wees vir die volgende geleentheid nie. Jong seuns en dogters leer die waarde van kommunikasie en etiket rakende sosiale aangeleenthede, verhoudings en hulle omgaan met ander in die alledaagse lewe.

Die verskeidenheid van onderwerpe en die praktiese lesse wat daarmee saamgaan, skep ‘n omgewing wat leersaam en pret is. Die kinders word blootgestel aan verskillende opinies en ervarings en nuwe vriendskappe word gevorm. My dogter se lewe word verryk deur die klasse en sy geniet dit baie. Beslis ‘n belegging in haar jong meisie vormingsjare.