Die kennis van korrekte optrede oor ‘n groot spektrum van praktiese lewenssituasies, gee vir kinders selfvertroue.
Hulle word toegerus met sosiale vaardighede. Dit is lekker om te sien hoe hulle dit wat hulle leer, toepas. Selfs ons ouers word soms subtiel oor die vingers getik, maar op ‘n mooi, respekvolle manier, want hulle het ook dit geleer!